Welkom op ons Webwerf

South African FlagDie Immigrasie Firma Lipson & Pretorius LLP verwelkom nuwe Suid Afrikaanse kliente. Ons vertrou dat ons webwerf vir u ’n waardevolle gids sal wees.

Ons bied jare van grondige kennis en ondervinding, en besit die vereiste toewyding om die Immigrasieproses tot ’n suksesvolle eindresultaat te bring.

Ons poog om kliente deeglik in te lig oor wat dit kos om toegelaat te word om te woon en werk in die VSA. Alle aspekte van die Immigrasieproses, insluitend  Wetgewing, Regulasies, en Beleid, asook prodesures wat gevolg word by Amerikaanse Ambassades in die buiteland, word deeglik aan ons kliente verduidelik.

Hendrik Pretorius praat Afrikaans, en sien uit daarna om streng vertroulik u spesifieke situasie te bespreek.